KREATIEWE KOPIE.
Of jy jou besigheid wil adverteer sodat meer kliënte van jou weet, jy kliënte wil oorreed om jou dienste te gebruik of jou produkte te koop, het jy kreatiewe kopie nodig wat tot jou lesers spreek.
Hier is ’n lys van hoe ek jou besigheid kan help:
RAAKVAT REDIGERING.
Jy weet soort van wat jy wil sê, maar iets klink net nie reg nie. Ek kan jou help om deur die chaos te sif en ’n kort, bondige boodskap te skep wat jou idees so duidelik as moontlik voorstel en wat aanklank by jou kliënte sal vind.
Hier is ’n lys van hoe ek jou besigheid kan help:
PERFEKTE PROEFLEESWERK.
Is jou brosjure gereed vir druk of is jy op die punt om jou nuutste blog-artikel te publiseer? Kry nog ’n paar oë om deur jou teks te lees en seker te maak dat jy nie ’n afkappingsteken vergeet het of 'interessant' verkeerd gespel het nie.
Hier is ’n lys van taalstrukture en -konvensies waarna ek kyk om ’n foutlose teks te verseker:
LAAT WOORDE VIR JOU WERK
Bemark jou besigheid met boeiende kopie wat verkope bevorder en jou wins ’n hupstoot gee.