Untitled design (1)

KREATIEWE KOPIE.

Of jy jou besigheid wil adverteer sodat meer kliënte van jou weet, jy kliënte wil oorreed om jou dienste te gebruik of jou produkte te koop, het jy kreatiewe kopie nodig wat tot jou lesers spreek. 

Hier is ’n lys van hoe ek jou besigheid kan help:

  • Kort en kragtige sosialemediaplasings wat jou lesers se aandag sal trek. 
  • Unieke, SEO-vriendelike kopie waarvan Google sal hou en wat verkeer na jou webwerf sal genereer. 
  • Ernstige korporatiewe kopie soos nuusbriewe, brosjures, strooibiljette, ens. 
  • Insiggewende en SEO-vriendelike blog-artikels. 
  • Boeiende inhoud vir betaalde bemarkingsveldtogte insluitend Google- en Facebook-advertensies.  

RAAKVAT REDIGERING.

Jy weet soort van wat jy wil sê, maar iets klink net nie reg nie. Ek kan jou help om deur die chaos te sif en ’n kort, bondige boodskap te skep wat jou idees so duidelik as moontlik voorstel en wat aanklank by jou kliënte sal vind.  

Hier is ’n lys van hoe ek jou besigheid kan help:

  • Herstrukturering van inhoud om duidelikheid, kliëntvriendelikheid en vloei te verseker. 
  • Evaluering van inhoud volgens jou besigheid se stylgids.  
  • Toevoeging (of verwydering) van teks om aan ’n gespesifiseerde woordtelling te voldoen. 
  • Evaluering van inhoud en feite om akkuraatheid en korrektheid te verseker. 
  • Vereenvoudiging van tegniese inhoud sonder om die feitelike of wetlike kern daarvan te verander.  
Untitled design (4)
Untitled design (2)

PERFEKTE PROEFLEESWERK.

Is jou brosjure gereed vir druk of is jy op die punt om jou nuutste blog-artikel te publiseer? Kry nog ’n paar oë om deur jou teks te lees en seker te maak dat jy nie ’n afkappingsteken vergeet het of 'interessant' verkeerd gespel het nie.

Hier is ’n lys van taalstrukture en -konvensies waarna ek kyk om ’n foutlose teks te verseker:

  • Regstelling van spelfoute.
  • Regstelling van leestekenfoute. 
  • Regstelling van grammatikafoute.
  • Evaluering van woordkeuses (bv. korrekte gebruik van rys, reis of ruis).
  • Versekering van konsekwentheid in die gebruik van koppeltekens, hoofletters, formatering van verwysings, ens. 

LAAT WOORDE VIR JOU WERK

Bemark jou besigheid met boeiende kopie wat verkope bevorder en jou wins ’n hupstoot gee.  

—Pngtree—hand writing continuous one line_4972663
Kreatiewe kopie

Trek jou kliënte se aandag met kreatiewe kopie.

—Pngtree—pen and book continuous one_5046986
Raakvat redigering

Sif deur die chaos om ’n kort, bondige boodskap te skep.  

_Pngtree_one_line_drawing_of_book_5045400-removebg-preview
Perfekte proefleeswerk

Maak seker dat selfs die kleinste detail korrek is.  

Teken aan vir gratis wenke oor hoe om jou besigheid te bemark 

Vertel die storie van jou besigheid met wêreldklas-kopie.